Meksikaanse burgemeester geskiet na inhuldiging

Alejandro Aparicio is inghuldig as die nuwe burgemeester waarna hy saam met ondersteuners in die hoofstraat gestap het toe ’n vyandelike hom doodgeskiet het.

Meksiko het die afgelope paar jaar ’n aansienlike toename in politieke geweld ondervind en is verskeie politieke figure deur opponente gedood.

Hy is as burgemeester van Tlaxiaco, ’n klein munisipaliteit van Oaxaca in Meksiko wat pas ingehuldig is, en saam met ondersteuners in die straat gestap het toe iemand op hom losgebrand het.

Hy was ’n ondersteuner van die regerende party in die land en het ook sy steun gegee vir President Andres Manuel Lopez Obrador.

Die polisie doen ondersoek na die voorval, maar Meksiko is berug vir sy korrupsie onder polisiebeamptes.

In die afgelope paar jaar is 130 politieke figure vermoor, en slegs enkele van die moordenaars is vasgetrek.

Foto – Alejandro Aparicio