Meghan – verleentheid vir Brittanje

Die Afro-Amerikaanse vrou van die Britse Prins Harry, tree vreemd op en het di protokol reeds sowat agt keer verbreek, terwyl sy die twyfelagtige titel as Hertogin van Sussex dra.

Sy is nie net ’n uitermatige groot verleentheid vir die Britse koningshuis nie, maar stel ook die Britse volk in verleentheid.

Meghan, wat oorspronklik ’n vrou uit Amerika is, en wat gesorg het dat sy die Britse prins betower tot hulle getroud is in die plattelandse dorp waar die Winsor paleis is, het blykbaar ook ’n verleentheid geskep met haar pa wat nie eers by die troue was nie en nou wil witvoetjie soek by die Britse koningin.

Kenners sê sy het beslis nie die opvoedkundige agtergrond om in te pas by die gebruike van die Britse vorstehuis nie, en skep onenigheid wat kan lei tot ’n algehele breuk.

Waarnemers sê die vorste van Brittanje gaan uiteindelik met ’n rasse geskil sit, veral as daar eers kinders gebore word uit die vreemde huwelik.

Op die meegaande foto maak sy self die motor se deur toe na sy uit die voertuig geklim het, iets wat ongehoord is onder die britse tradisie.