Mbeki kortwiek Cyril se plan

Die magstryd tussen die twee voormalige presidente en die huidige ANC regeerder het weer na vore gekom in die pas afgelope byeenkoms van die ANC in Durban.

Dit was Jacob Zuma wat Thabo Mbeki uit die kussings gedruk het om self te president word, en daardie skuif het Mbeki nie vergeet nie.

Ewe so is dit Cyril Ramaphosa wat ’n soortgelyke skuif gemaak het om Zuma uit die kussings te druk om self president te word.

Ook dit het Zuma nie vergeet nie, vandaar sy veldtog om weer in die parlement te kom, en sy klaarblyklike betrokkenheid by die nuwe politieke party, die African Transformation Movement (ATM).

Die groot weerwraak is duidelik toe Mbeki die poging van Ramaphosa gesink het wat ’n “ou lid beweging” wou stig, waarby Zuma betrokke sou wees – maar Mbeki het dit gekelder want hy en Zuma sit nie langs dieselfde vuur nie.

Foto – Thabo Mbeki