Massiewe lig laat Kaapstad skrik

“So ’n helder lig, en so ’n geluid het ek nog nooit gesien of gehoor nie”, is die woorde van een waarnemer wat die helder lig in die hemelruim gesien het.

Die lig streep wat Woensdag in die omgewing van 8 uur die aand waargeneem is in Kaapstad, is gevolg deur ’n vreemde geluid wat hoorbaar was vir mense in stiller omgewings.

Die vermoede bestaan dat die geluid wat gehoor is, te make het met die voorwerp se “ontploffing” wat duidelike sigbaar was.

Kenners meen die ontploffing was niks anders as ’n skielike kontak met die aarde se atmosfeer, en die ligstraal is gevorm met die gloei van die voorwerp wat teen ’n verbysterende snelheid beweeg het toe dit die aarde se atmosfeer binne gedring het.