Le Pen oortref President Macron

Marine Le Pen se nasionalistiese party, Rassemblement National (RN) staan aansienlik sterker as die omstrede Franse president se La République En Marche party volgens die jongste peiling in Frankryk.

Die meningsopname wat gemik is op die kiesers se keuse vir die Mei 2019 verkiesing van die Europese Parlement toon dat Le Pen se RN van 17% steun in Augustus tot 21% gestyg het.

President Macron se LREM het slegs 20% steun, wat aandui dat daar ernstige gebreke in die sosialistiese president se regering en beleid is.

Le Pen se RN het in 5 maande met 7& gestyg, terwyl die president en sy party op ’n nuwe laagtepunt is.

Le Pen se steun van 21% tesame met die steun van Nicolas Dupont se p[arty, “Staan op Frankryk” wat 7% steun geniet, en die drie kleiner partye wat gesamentlik 4% steun het, kan Le Pen die volgende president van Frankryk maak.

Intussen het Le Pen gesê die opwaartse beweging van nasionalisme sal ook ’n beduidende invloed hè op die samestelling in die Europese parlement.

Foto – Marine Le Pen