Kim Jong-Un besoek Sjina al weer

Die kommunistiese leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un het weer ’n besoek gebring aan Sjina vir ’n ontmoeting met die land se president Xi Jinping.

Dit is die vierde besoek aan Sjina in minder as ’n jaar, en hou heelwaarskynlik verband met die beoogde gesprek wat later mag volg met President Donald Trump van Amerika.

Die merkwaardige van die besoek is dat dit ’n volle vier dae sal duur, en di kommunistiese radiodiens van Sjina het berig dat die besoek wel verband hou met die beplande ontmoeting met die Amerikaanse president.

Politieke waarnemers sê dit is bekend dat Kim Jong-Un telkens in Beijing gaan hulp soek wanneer onderhandelings met Westerse moondhede gevoer moet word.

Dit word sterk betwyfel of die samesprekings tussen Noord-Korea en die VSA enige waarde het aangesien die Koreane bekend is daarvoor dat hulle nie hulle woord gestand doen nie.