Jemen-vrede wil plat val

Die brose vrede en skietstilstand wat in ’n ooreenkoms bereik is, neig om te verbrokkel nadat die regering van Jemen twyfel uitgespreek het oor die rebelle se bewering dat hulle alle beheer oorgedra het aan die owerheid.

Die Shiite rebelle hulle het die beheer oor die sleutelpunt, Hodeida, aan pro-regerings magte oorhandig.

Hodeida is die hawestad aan die Rooi See gebied wat tot nog toe deur die rebellemagte beheer is, en gesorg het dat noodsaaklike lewensmiddele nie na die binneland versend kon word nie.

Dit het tot algehele chaos gelei, en die Verenigde Nasies moes ingryp om te voorkom dat duisende mense in Jemen omkom van honger en siektes wat vermy kon gewees het.

Waarnemers sê die geskil oor die beheer van die hawestad kan lei tot hernude gevegte nadat die pro-regeringsmagte gesê het hulle betwyfel dit of die rebelle wel die beheer van die stad oorhandig het .

Die regering van Jemen sê die rebelle maak die bewering, maar het steeds volle beheer oor die hawestad.