Is die ministers ook korrup?

Ten spyte daarvan dat die klomp minister slegs tussen R988 en R1200 per maand huur betaal vir hul wonings, het die Departement van Openbare Werke aangekondig dat ‘n bedrag van R1,2 miljoen agterstallig is rondom huur betalings van ministers.

Dit beteken dat bykans 1,000 maande se huur nie deur ministers en adjunk-ministers betaal is nie.

Meningsvormers sê dit wil lyk asof die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sy veldtog om korrupsie te beveg, by sy eie kabinet en staatsdepartemente sal moet begin.

Die skuld word egter nou op die stelsel geplaas waar departemente nie huur verhalings instel op ministers se salaris nie.!