Invloedryke liberalis, Trump se opponent

Die invloedryke Demokratiese Party senator, Elizabeth Warren, het aangekondig dat sy die stryd teen president Donald Trump  sal voer in die voorverkiesing van 2020.

Warren, met ’n geskiedenis van dosent aan ’n Amerikaanse universiteit waarna sy as Republikein besluit het om ’n Demokraat te word, is allerweë as ’n afstammeling uit die Afro-Amerikaanse geledere bestempel wat opgang gemaak het om uiteindelik senator te word.

Sy is tans ’n senior senator wat die deelstaat Massachusetts verteenwoordig en wil nou verder vorder om haar politieke aspirasies te bevredig.

Sy is die eerste Demokraat wat haar deelname aan die voorverkiesing aangekondig het, en President Trump het laat blyk dat hy nie bekommerd is oor haar as opponent nie.

Die swartes in die VSA is nie baie ingenome met Warren as kandidaat nie, en politici reken sy kan dalk ’n teenstander kry uit die Demokratiese party.

Sy was ook ’n sterk ondersteuner van Hillary Clinton wat so swak gevaar het teen Trump in die vorige presidentsverkiesing toe almal in die linkse kamp gereken het dat sy as wenner aangewys sou word.

Foto – Senator Elizabeth Warren