Indiese stam sel deurbraak bevraagteken

Die organiseerders van die Indiese Wetenskap Kongres het hulle kommer uitgespreek oor die eise wat sekere wetenskaplikes van die land maak dat hulle ’n deurbraak met stamselle gemaak het.

Die organiseerders het hulle gedistansieer van die onortodokse eise wat gemaak word deur sekere prominente akademici.

Die wetenskaplikes beweer dat hulle met stamsel tegnologie bevind het dat Einstein en Newton misleidende inligting versprei het.

Waarnemers wys daarop dat die Kongres in die afgelope tyd sy geloofwaardigheid verloor het weens die negatiewe invloed van Hindoe mites wat al meer na vore kom by sekere sprekers.

Een wetenskaplike het tydens sy toespraak beweer dat wetenskaplikes reeds duisende jare gelede studies gedoen het met lugvaart, bevrugting en stamsel navorsing.

Een spreker het gesê dat die twee wêreldbekende wetenskaplikes, Einstein en Newton baie wetenskaplike aspekte nie verstaan het wat deur Indiërs bewys is nie.