Grootste Tuna vis slaan rekord

’n Blou fin Tuna vis wat die skaal op 278 kilogram getrek het, is glo ’n nuwe rekord en oortref die vorige rekord met byna die helfte.

Die vis wat op ’n veiling in Japan verkoop is, het ook ’n nuwe rekord prys behaal toe dit vir $3,1 miljoen verkoop is aan ’n ondernemer wat homself die Tuna Koning noem.

Die reuse vis is aan die Japanese kus gevang naby een van die eilande en die koper daarvan, Kiyoshi Kimura, is die president van die Sushi Zanmai restaurant-groep.

Die prys per kilogram is meer as dubbel wat voorheen behaal is op ’n veiling in 2013.

Japan is die wêreld se grootste verbruiker van Blou-fin tuna vis wat gelei het tot ’n krisis weens die neiging van die wereld om meer tuna te vang as wat die aanteel getalle is.