Franse vroue ook “Geel Hempies”

Terwyl die sosialistiese Franse president planne beraam om strnger wetgewing op te stel teen die betogings van die sogenaamde “Geel Hemde”, het vroue in die land ook met betogings begin.

Die betogings van die Geel hemde duur reeds langer as twee maande, en word al meer gewild onder die Franse kiesers wat ontevrede is met president Emmanuel Macron en sy hervormings beleid.

President Macron het gehoop dat hy die Geel Hemde se verset gaan demp toe hy laat in verlede jaar ’n miljard dollar konsessie toegestaan het kort voor Kersfees.

Dit het egter nie die gewenste resultaat gelewer nie, want die afgelope naweek het meer as 50,000 weer die strate regoor die groot stede van Frankryk blokkeer.

Kort daarna het die Franse vroue begin en sê hulle sal die president dwing tot ander insigte deur hulle vreedsame betogings regdeur die land as Geel Hempies.

Die eerste optog van die vroue in twee stede, waarvan Parys een is, het hulle met 10,000 vroue begin, en die organiseerders sê dit is slegs die begin.