Franse vegvliegtuig verdwyn van radar

Ernstige kommer heer in die Franse Lugmag nadat ’n Mirage 2000D vegvliegtuig  met twee vlieëniers aan boord van die radarskerms verdwyn het.

Die vliegtuig met ’n manlike en een vroulike vlieënier het onverwags en sonder waarskuwing naby die grens met Switserland, skielik verdwyn sonder enige waarskuwings sein.

Die vegvliegtuig is deur die twee vlieëniers gebruik om roetine oefenvlugte uit te voer, en alhoewel die vermoede bestaan dat dit neergestort het, bestaan die vrees dat die vliegtuig deur vyandelikes afgeskiet is.

Dit is nie bekend of die twee insittendes daarin kon slaag om van hulle uitskiet stoele gebruik te maak en met valskerms kon neerdaal nie.

Verskillende ooggetuies het uiteenlopende verslae gegee waarvan een gesê het dat een knalskoot gehoor is, en later is een valskerm gevind.