Franse belê miljoene in Venezuela olie

Die omstrede diktator, President Nicolas Maduro, van Venezuela, het aangekondig dat Franse maatskappye bereid is om reuse bedrae t belê in die olie bedryf van sy land.

Volgens Maduro sal die groep Franse maatskappye gesamentlik 40% van die land se instansie, Petroregional del Lago bekom.

Dit is ’n belegging wat die oliebedryf in die noordelike deel van Venezuela ’n aansienlike hupstoot sal gee met die verwagte $400 miljoen wat geïnvesteer sal word.

Die Franse groep, Maurel en Prom het glo ’n uitstekende ooreenkoms bereik om die produksie in die streek drasties te verhoog.

Die Franse groep beplan glo om die olie produksie van een miljoen vate per dag, te verhoog na minstens 2,6 miljoen vate per dag.