Evkom eis 45% verhoging van tariewe

Evkom se aansoek by Nersa sal volgende week in Kaapstad aangehoor word.

Nersa het rees ‘n 4,41% verhoging goedgekeur, maar nou eis Evkom 15% per jaar oor die volgende drie jaar, wat drie keer meer is as die amptelike inflasie syfer.

Energie kenner Ted Blom sê dat die aansoek geskrap moet word tot tyd en wyl die forensiese oudit afgehandel is rondom die kaping wat by Eskom  plaasgevind het.

Deskundiges het Die Vryburger van ‘n ander mening verwittig deur daarop te wys dat die krag tariewe reeds te hoog is en eerder verlaag moet word, veral in die lig daarvan dat krag aan buurlande verkoop word teen veel laer tariewe as wat vir die binneland gehef word.

Die kragvoorsiener het ook te kenne gegee dat beurtkrag van volgende week weer ingestel kan word, wat die kreupel ekonomie verder sal knel.