Edcon deur beleggers “gered”

Die sukkelende kleinhandel groep Edcon het ‘n nie-bindende ooreenkoms gesluit met onbekende beleggers om die konglomeraat te red van ondergang.

Met 21,000 werkers in diens sou Edcon se ondergang die land se werkloosheid syfer verder opgejaag het.

Edcon se skuld in Junie 2017 het  reeds op R7 miljard te staan gekom,  toe banke en krediteure in 2016 die entiteit oorgeneem het.

Ekonome vra die vraag wie so ‘n reuse skuldlas sal finansier in die huidige ekonomie.  Hoop is uitgespreek dat die regering nie , soos met African Bank, hier ‘n reddingsboei uitgegooi het nie.