Duitsland toon reuse finansiële oorskot

’n Veel hoër inkomste uit belasting en ’n aansienlike daling in die uitgawe rekening van Duitsland, het daartoe bygedra dat die land weereens ’n groot finansiële oorskot.

Dit is die vyfde jaar in ’n ry dat Duitsland ’n oorskot toon, maar kiesers sê dit is tyd dat die regering daarvan aanwend om die ernstige knelpunte op te los.

’n Surplus van €11.2 miljard is getoon in die afgelope boekjaar, maar ekonomiese deskundiges reken die regering behoort daarvan beskikbaar te stel aan verskeie sake, maar die Minister van Finansies sê die tyd van groot oorskotte is verby.

Duitsland is die enigste land ter wêreld wat nie buitelandse skuld het nie, en word algemeen beskou as die land met die sterkste ekonomie in die wêreld.