Drie metro lede vas

Drie lede van die Johannesburgse Metropolisie sit in die selle in Hillbrow nadat hulle ‘n Kongolese winkel eienaar wou omkoop.

Hulle het R20,000 geëis by die winkeleienaar wat daarvan verdink word dat hy vals ID dokumente verkoop.

Volgens Wayne Minnaar van die polisie sal nog drie beamptes gearresteer word sodra hul terugkeer van verlof.

Politieke ontleders sê die korrupsie in die polisiediens sal nie beëindig word deur Ramaphosa se regering nie aangesien die keuring en toelatingsvereistes nie op ’n hoë standaard is nie.