Die gif van sosialisme

Die eens welvarende Venezuela, wat ook die rykste olievelde ter wereld het, was eens ’n florerende staat waar die demokrasie die inwoners van die land gedra het tot groot hoogtes.

Maar die inwoners was nie tevrede daarmee waaroor hulle beskik nie, en toe die olie prys daal, word die ontevredenheid meer.

Uiteindelik stem die kiesers vir die bewind van die Sosialistiese Party van Nicolas Maduro, wat die een magsbasis na die ander inpalm tot sy eie persoonlike voordeel.

Vandag is Venezuela ’n armlastige staat, te midde van ryk olievelde wat staande bly met Franse olie nywerhede se finansiële hulp. Die inwoners van die land gaan gebuk onder werkloosheid, leë winkelrakke waar voedselvoorraad moes wees, en apteke wat hulle deure gesluit het omdat Venezuela nie kan betaal vir sy invoer goedere nie.

Die Amerikaanse tussentydse verkiesing is verby, en die sosialistiese Demokratiese Party het die meerderheid verteenwoordigers in die Huis van Afgevaardigdes behaal, en daarmee die Republikeinse president aan bande gelê met sy beleidsrigtings waarmee hy die land se trots wou herstel.

Die vraag wat menige Amerikaanse burger nou vra, is of die VSA dieselfde pas gaan loop as Sosialistiese Venezuela indien die Demokratiese Party die 2020 presidentsverkiesing sou wen.

In Frankryk het die steun vir die sosialis, president Emmanuel Macron, ’n nuwe laagtepunt bereik, maar die Franse kiesers het hom verkies bo die nasionalistiese Marine Le Pen wat Frankryk gewaarsku het om nie die sosialisme te ondersteun nie.

Die gif van sosialisme is oral waarneembaar, en die versugting is dat kiesers vanoor die wêreld hulle sal vergewis van die gevaar van sosialisme wat ’n haarbreedte weg is van kommunisme.