Denemarke bou “Silikoon Vallei”

Beperkte spasie in Kopenhagen, di hoofstad van Denemarke, is nou so beperk dat die regering dit oorweeg om ’n herwinningsprogram te begin deur see gebied droog te lê rondom die stad.

’n Woordvoerder van die land se werknemers vereniging reken dit kan help om ’n “Europese Silikoon Vallei” te skep.

Die regering het Maandag planne voorgelê om nege kunsmatige eilande by 2040 gevestig te kry om ’n nuwe industriële gebied te ontwikkel.

Die Minister van Binnelandse Sake, Simon Emil Ammitzboell-Bille sê nagenoeg 12,000 nuwe werksgeleenthede sal daarmee geskep word.

Sowat 3,1 miljoen vierkante meter nuwe land sal beskikbaar wees om 380 nuwe sakeondernemings te huisves, en 700,000 vierkante meter sal as natuur gebied omskep word, wat ook meebring dat ’n bykomende 17 kilometer kuslyn gevestig sal word..

Die projek sal meer as 7 miljard euro beloop, en die eerste eiland sal in 2022 begin word