Columbië ondersoek moordpoging teen president

Die veiligheidsmagte van Columbië het met ’n ondersoek begin nadat vermoed is dat President Ivan Duque die teiken is van drie inwoners van Venezuela wat hom wou vermoor.

Die polisie het glo die drie mans in hegtenis geneem wat ’n komplot gesmee het om die president te vermoor weens sy hewige kritiek teen die president van Venezuela.

President Ivan Duque is ’n bekende kritikus van die omstrede president van Venezuela, Nicolas Maduro wat sy land die afgrond in bestuur.

Die Minister van Buitelandse Sake in Columbië het die afgelope naweek besonderhede bekend gemaak oor die beweerde komplot teen die president, en gesê alhoewel die drie mans in hegtenis geneem is, word die soektog voortgesit vir moontlike mede misdadigers.

Foto –  President Ivan Duque