CemAir se vlerke weer geknip

Die SA Siviele Lugvaart  Agentskap het weereens CemAir verbied om enige vlugte te onderneem.

Die vorige verbod is op 1 Desember 2018 terug getrek op voorwaarde dat CemAir sal voldoen aan lugvaart regulasies.

‘n Woordvoerdern van die Lugvaart Agentskap het verklaar dat CemAir nie in staat was om die lugvaardigheid van sy totale vloot te bewys nie.  CemAir moet binne 30 dae appelleer teen die skorsing indien hy oortuig is van sy saak.

Intussen gaan SA Express weer sy roetes tussen Kaapstad – Bloemfontein en Kaapstad – Walvisbaai hervat.  Dit volg na nege van die 21 vliegtuie van SA Express in Mei 2018 onlugwaardig verklaar is .