Brittanje bestel anti-hommeltuig toerusting

Die Britse hoofstad Londen, het vir sy twee lughawens, Gatwick en Heathrow ’n bestelling geplaas vir anti-hommeltuig toerusting.

Die bestelling volg nadat die Gatwick lughawe vir etlike dae lamgelê is toe hommeltuie die aanloopbane so beset het dat geen vliegtuig kon land of opstyg nie.

Die chaotiese toestand op die lughawe gedurende Desember verlede jaar het die toerisme bedryf ontwrig, en om soortgelyke voorvalle te voorkom, is miljoene euro se toerusting bestel wat hommeltuie se werking by die lughawe sal uitskakel.

Vroeër moes die lughawens vra dat die Britse Weermag hulle toerusting beskikbaar stel, maar die beveiliging en gerief van passasiers word as baie belangrik geag, en daarom sal permanente installasies aangebring word.

Die Desember fiasko het veroorsaak dat meer as ’n 1,000 vlugte geaffekteer is en van ander lughawens moes gebruik gemaak word.

Sowat 14,000 passasiers was vir meer as twee dae verontrief deur die hommeltuie wat gedurig oor die aanloopbane bedrywig was.

Frankryk maak gebruik van toegeruste, en goed opgeleide arende wat die hommeltuie aanval en terug bring na die weermag basis vanwaar hulle die aanvalle uitvoer.