Britse premier verloor parlement-stemming

Die Verenigde Koninkryk het in n parlementêre sitting met n geringe meerderheid wetgewing goedgekeur wat die regering beperk in sy mag om belasting verhogings in te stel.

Dit volg nadat die moontlikheid groter geword het van ’n “geen ooreenkoms” met die Europese Unie oor Brexit bereik kon word nie.

Die Britte verlaat die Europese Unie op 29 Maart, en die kanse dat ’n beter bedeling beding kan word, raak al skraler, en sonder ’n ooreenkoms tussen die twee partye, gaan dit vir beide ’n nadelige gevolg inhou.

Die stemming ten gunste van die voorgestelde wetgewing was 303 ten gunste, en 296 stemme teen die wetgewing.

Waarnemers sê dit is ’n aanduiding van hoe die stemming sal verloop wanneer die parlement moet beslis oor die Brexit ooreenkoms met die EU.

Sowat 20 parlementslede van die Konserwatiewe Party het saam met die vêr-linkse Arbeiders Party gestem om die wetgewing goedgekeur te kry, en die verwagting is dat dieselfde parlementslede weer teen Theresa May se Brexit ooreenkoms sal stem.