Brasilië verslap wapen wette

Die nuut verkose president van Brasilië, Jair Bolsonaro, het op die sosiale netwerk gesê dat hy sal sorg vir makliker wetgewing om vuurwapens te besit.

Te midde van die huidige streng wette teen die besit van vuurwapens, is meer as 63,000 mense in 2017 vermoor.

Die nasionalistiese Jair Bolsonaro sal vanaf Januarie 2019 die president van Brasilië wees, en het reeds aangedui dat aansienlike veranderings in die land teweeggebring sal word onder sy heerskappy.

Bolsonaro het te kenne gegee dat hy kort nadat hy in die amp bevestig is, ’n dekreet sal onderteken om die verkryging van ’n vuurwapen te vergemaklik.

Die verkose nasionalis is glo daarop ingestel om sy verkiesingsbeloftes na te kom sodra hy die kantoor van die president betrek het.

of voters rejected a proposed ban on all firearms in a referendum.

Vroeër het hy opmerkings gemaak teen die homoseksuele gebruike en sal ook optree teen dwelmhandel en korrupsie.

Foto – Verkose president Jair Bolsonaro