Brasiliaanse president volg Trump-styl

President Jair Bolsonaro van Brasilië het goedkeuring gegee dat mense in die verskillende staatsdepartemente en ander hooggeplaastes wat nie sy nasionalistiese beskouing ondersteun nie, afgedank kan word.

Hy het die fokus geplaas op die linkse werkers en sosialiste wat sy rgering kan ondermyn deur nie uitvoering te gee aan die nuwe regering se benadering en ideologie nie.

Die president het reeds die eerste stappe gedoen om van sosialiste ontslae te raak toe hy beveel het dat sowat 300 beamptes wat tydelike kontrakwerkers is, afgedank moet word.

Onyx Lorenzoni, die regering se Hoof van Personeel sake, het gesê die regering “wil die huis skoonmaak” van ongewenste elemente, en het met die eerste afdankings begin.

“Dit is die enigste manier hoe die regering kan verseker dat hy nie ondermyn word nie” het hy gesê.

Foto – President Jair Bolsonaro