Bosasa se korrupte omkopery blootgelê

Die voormalige hoof van Bosasa het in sy getuienis voor die kommissie gesê die organisasie betaal maandeliks miljoene Rand aan omkopery met kontrakte wat aangegaan word.

Die bedrae word betaal om te verseker dat tenders by veral myn maatskappye verkry kan word.

Angelo Agrizzi sê die moontlikheid bestaan ook dat die hoof van Bosasa kan toesien dat mense “verdwyn” en dat die betaling van ruse bedrae in die korrupte land reeds jare voortduur sonder enige nadelige nagevolge vir die betrokke mense nie.

Hy beweer ook dat duur geskenke, kruideniersware en ander geskenke dikwels deel van die omkopery uitmaak om te verseker dat die tenders toegeken word aan die “regte persone”.

Foto – Angelo Agrizzi