Bosasa en die tronke

Die Nasionale Vervolgings Gesag het bekend gemaak dat die ondersoek na omkopery en korrupsie tussen Bosasa en Korrektiewe Dienste afgehandel is.

By die kommissie ondersoek rondom Staatskaping het Angelo Agrizzi , die vorige hoof operasionele bestuurder van Bosasa,  getuig dat Patrick Gillingham van Korrektiewe Dienste maandeliks R47,000 ontvang het van Bosasa.

Met sy diens beeïndiging het hy ‘n verdere R110,000 ontvang.  Die oud korrektiewe hoof Linda Mti is onder andere omgekoop deur Bosasa om tenders te bekom.