Bolsonaro sal Trump navolg

Meningsvormers regoor die wêreld is dit eens dat Brasilië verlos is van die sosialistiese bestel waarin hy vir jare vasgevang was met die verkiesing van president Bolsonaro wat op 1 Januarie ingehuldig is.

Met sy slagspreuk, Brasilië bo alles, God bo alles”, het President

Jair Messias Bolsonaro sy intree rede begin waarna hy bevestig het dat sy nasionalistiese regering die grootste staat van Suid-Amerika, sal lei op die pad van president Donald Trump.

Hy het weer onderneem om die geweldige probleem van korrupsie aan te spreek, en die kriminele misdadigers vas te vat, maar sal ook maatreëls inbou om die land se ekonomie te versterk..

Om streng dissipline te handhaaf, is sowat 30% van sy kabinet voormalige weermag offisiere, waarmee hy doelgerig die korrupsie en misdaad wil bestry.

Hy het die linkse opponente se monde gesnoer toe hy afgesluit het met die versekering dat Brasilië se demokrasie eerder versterk sal word in belang van al die inwoners van die land.

Onder die eregaste was verskeie hooggeplaastes uit Suid-Amerikaanse state, asook die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo.

Foto – Inhuldiging van President Bolsonaro