Bolsonaro ingehuldig as Brasilië se president

Op Nuwejaarsdag het Brasilië hul nuut verkose president, Jair Messias Bolsonaro, ingehuldig onder luide applous van sy ondersteuners.

Die 63-jaige Bolsonaro het in sy toespraak gesê hy sal hom beywer om die land se doelwitte te bereik.

Die president het die .Eed van Brasilië afgelê twee maande nadat hy met meer as 55% van die stemme, die presidentsverkiesing gewen het.

Kort voor die inhuldiging seremonie is hy saam met sy eggenote, Michelle, in ’n ouer Rolls Royce deur die strate van die hoofstad geneem terwyl duisende mense hom toegejuig het.