Bankrotskap vier die bo-toon

Die algehele bankrot munisipaliteit van Fetakgomo Tubatse het die dwase besluit geneem om ’n bestaande kontrakteur af te dank wat R500,000 gevra het om huise te bedraad vir elektrisiteit.

In die plek van die maatskappy is ’n nuwe kontrak aanvaar waar Eskom die werk sal doen teen ’n reuse bedrag van R9,8 miljoen.

Patience Busane, die omstrede munisipale bestuurder, het sonder om die korrekte prosedures en kanale te volg, besluit om Eskom aan te stel en die kontrakteurs wat die tender gekry het, af te dank.

Die aanvanklike kontrakteur het nog net ’n gedeelte van die werk gedoen, en die Noord-Transvaalse bankrot munisipaliteit het met Eskom se aanstelling, net nog dieper in die bankrotskap beland.