Bankrot Eskom stel nog seniors aan

Die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener Eskom, het te midde van ’n ernstige geld tekort, nog agt senior bestuurders aangestel.

Aanvanklik sou Eskom ontslae raak van die oorbevolking van sogenaamde bestuurders en uitvoerende hoofde, maar die voorneme het nou ’n nuwe wending geneem met nog aanstellings wat gemaak is.

Die agt poste is in die hoogs betaalde rang van Eskom en sluit verskeie groep uitvoerende ampte in wat die bedryf met miljoene Rand sal belas.

Van die vakatures is glo slegs waarnemende poste, maar minstens drie groep uitvoerende hoofde word aangestel.

Dit is nie bekend wat die tydsduur van die waarnemende poste sal wees nie, maar word geskat op minstens 12 maande.

Die aanstellings bring Eskom weer by ’n totaal van minstens tien senior uitvoerende amptenare, en sal die entiteit miljoene Rand maandeliks uit die sak jaag, en dit is geld waaroor hulle nie beskik nie.