Banke se kliente gewaarsku

Die Betalings Vereniging van SA (PASA) het verbruikers aangeraai om hul bankrekenings gereeld na te gaan.

Kriminele elemente stel debiet aftrekkings in op kliënte se rekeninge, en in die meeste gevalle is die bedrae minder as R100.

Banke stel kliënte eers in kennis as bedrae van meer as R100 van hul rekeninge verhaal word.

Kuber misdade vind al hoe meer plaas en kuberkrakers maak miljoene uit sulke skemas, en begin juis gedurend vakansies daarmee wanneer almal ontspanne en in ’n vakansiegees verkeer.