ANC verdeeldheid loop hoog

In hofdokumente deur die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat word beweer dat kontrak geld wat teen kunsmatig verhoogde pryse deur die polisie toegeken is aan Brainwave Projects, gekanaliseer is om stemme te koop tydens die ANC se nasionale konferensie waartydens Cyril  Ramaphosa vir Dlamini-Zuma met slegs 200 stemme verslaan het.

R54 miljoen is glo betrokke by die “geldwassery” wat volgens waarnemers ’n aanduiding is van die ernstige verdeeldheid wat in die geledere van die ANC en sy sogenaamd bondgenote bestaan.

Die vergadering in Durban waartydens Ramaphosa en Zuma saam op die verhoog verskyn het, was ’n verleentheid vir die ANC president, en moes hy met paai woorde die skare sus oor die goeie verhouding wat bestaan met Zuma..