ANC “skors” Kapelaan-Generaal

Die ANC het aangekondig dat hulle nie meer die dienste van die party se Kapelaan-generaal vanaf 8 Januarie sal gebruik nie.

Dit volg na seksistiese uitlatings deur eerwaarde Vukile Mehana. Die uitlatings is op sosiale media geplaas en word beskou as blatante disrespek teenoor vroue.

Die sosiale netwerk gebruikers reken ook dat sy opmerkings die uitbeelding van vroue ernstig aantas.

Die Metodiste Kerk het ‘n ondersoek gelas oor die aangeleentheid, maar dit blyk dat die kapelaan nie weer deur die ANC gebruik sal word nie.

Foto – Vukile Mehana