ANC se dubbelpratery

Die ANC president, Cyril Ramaphosa en Magashule se verklarings oor die onafhanklikheid van die Reserwe Bank, weerspreek mekaar.

Terwyl Ramaphosa die kiesers asook die buitewêreld probeer gerus stel dat die Reserwe Bank onafhanklik sal bly, is sy mede kameraad besig om beleggers vertroue te knou.

Hy het in ’n verklaring laat blyk dat die Reserwe Bank oor die volgende vyf jaar genasionaliseer gaan word.

Ekonome verklaar dat die ANC se verkiesings manifes ‘n oproep is vir beleggers om hul geld te beveilig. Die manifes skets nie ‘n positiewe beeld  vir beleggers, banke asook pensioen fondse en versekeraars nie.