ANC nominasies in korrupsie gehul

Na ‘n tweede poging om ‘n lys van kandidate in die Wes-Kaap op te stel vir die komende verkiesing, is die ANC nog verder in bewerings van korrupsie en nepotisme gewikkel.

Die eerste konferensie se nominasie is nietig verklaar in Desember en ‘n tweede konferensie is belê.

Baantjies vir boeties speel glo ‘n rol wat menige ondersteuners woedend maak en die verdeeldheid verder laat toeneem..