ANC lede en bedrog

Volgens berigte is die polisie besig met ‘n ondersoek na ‘n  Breëband projek by die Johannesburgse Stadsraad.

Aynada Dlodlo, Minister van Openbare Dienste en Administrasie, die adjunk Minister van Verdediging en die Militêre veterane Minister, Kebby Maphatsoe, is onder verdenking.

Die soeklig is ook op die voormalige diplomaat Lerama Kekana.  Al die persone was direkteure van CitiConnect Communications wat saam met telekommunikasie maatskappy Ericsson gewerk het.

Die projek wat R600 miljoen sou kos het die Raad R1,7 miljard uit die sak gejaag en word tans deur VSA agente ondersoek.

Dlodlo se  “betaling” het volgens haar R3 miljoen beloop en is klaarblyklik bo verdenking.