Al meer blankes verlaat Suid-Afrika

Dit is nie net die tientalle mediese personeel wat elders in die wereld ’n heenkome gaan soek nie, want statistieke toon dat al mee blankes die land verlaat.

Van die belangrikste redes wat aangevoer word, is die nimmereindigende korrupsie, die aanhoudende geweld wat onhoudbaar word, en die werkloosheid wat mense dwing om elders ’n heenkome te vind.

Een gesin wat die land verlaat, het aan Die Vryburger gesê hier is niks meer in die land wat hulle hier hou nie, want sonder werk, en elke dag die trotseer van ’n krimineel wat geweld beoefen, het die besluit verhaas.

Teleurstelling op teleurstelling het ’n ander egpaar laat besluit om eerder die land te verlaat as om in hulle vaderland te sit en krepeer omdat hulle blank is en nie werk kry waarvoor hulle goed gekwalifiseer is nie.

Onderwysers, advokate, prokureurs, ingenieurs, verpleegkundiges en dokters is onder diegene wat hulle goed pak en verkas na ’n land waar die werkloosheid syfer op minder as 4% staan en waar hulle met ope arms ontvang word.

In die afgelope 10 jaar het sowat 100,000 mense in die ouderdomsgroep van 21 tot 45 jaar, die land verlaat om nie weer terug te ker nie.