Wêreld Nuusflitse – 5 Desember

Duitsland

Die Minister van Binnelandse Sake in Duitsland moes sy verskoning aanbied dat varkwors bedien is aan die Moslems tydens hul konferensie in die land.

Spanje

Die Spaanse Sosialiste party het die verkiesing in die deelstaat Andalusia oortuigend gewen teen die konserwatiewe opposisiepartye.

Georgië

Die voormalige kommunistiese satellietstaat Georgië gaan gebuk onder protes optogte na die afgelope algemene verkiesing, en bewerings dat verkiesingsbedrog hoogty gevier het, is die rede waarom meer as 30,000 kiesers die strate ingevaar het met baniere en plakkate.