Vlug uit SA

Die aantal mense wat SA verlaat is besig om toe te neem.

Eiendoms kenners meld dat sommige persone die land verlaat voordat hul huise nog verkoop is

Dit blyk dat Nieu-Zeeland alleen meer as 5,500 immigrante uit SA ontvang het vir die tydperk Januarie 2018 tot September 2018.

Misdaad, werkloosheid en korrupsie en uiters swak gesondheidsdienste is van die hoofredes vir die eksodus.

Beurtkrag kelder besighede terwyl drinkwater in verskillende dele van die land ‘n ernstige probleem geword het wat bydra tot die besluit om die land te verlaat.