Vervanging van Padongelukke Fonds uitgestel

Die besluit om die bankrot Pad Ongelukke Fonds te vervang met die Pad Ongeluk Voordele Skema is uitgestel tot 2019.

Daar is onder andere voorgestel dat die twee fondse gelykertyd sal funksioneer vir twee dekades – dit sou beteken dat die brandstof heffing verdubbel sou word. Kenners meen dat die brandstof prys met ‘n verdere R1.44 sou styg as die voorstel aanvaar word. Een bankrot skema moet vervang word met ‘n nuwe skema wat meer gaan kos om op te rig.

Verskeie instansies meen egter die verandering is bloot ‘n oog verblindery aangesien daar geen waarborg is dat die nuwe skema nie dieselfde koers van bankrotskap inslaan nie.