Versigtig en waaksaam

Die Kersfees seisoen is ’n tyd waarin Boer-Afrikaners die sorge van die wêreld opsy skuif en die vreugde van familie ’n vriende se saamwees ten volle geniet.

Dit is immers ’n tyd wat elke gelowige Christen die verde van Jesus Christus ervaar, wat dikwels lei tot die hartseer van onverwagse gebeure.

’n Motorbotsing, ’n huis inbraak terwyl die mense met vakansie elders is, die terroriste en barbaarse se aanvalle op niksvermoedende blankes, is alles moontlikhede wat enige volksgenoot kan tref om die vreugde van die Feestyd te bederf.

Daarom mag ons nie die verantwoordelikheid om waaksaam en versigtig te wees, eenkant laat nie, want ons is dit aan ons geliefdes verskuldig om mekaar se hoeder te wes in hierdie dae.

’n Gelukkige en vreugdevolle Feestyd kan net bewaarheid word as ons ’n basiese veiligheid reels in stand hou terwyl ons die samesyn met ons familie en vriende geniet.

Die Vryburger se bestuur hoop en vertrou dat ons lesers die vermaning ter harte neem om in veiligheid te bly gedurende die wonderlike tyd wat ons saam kan geniet.