Venezuela soek hulp by Russe

Die omstrede diktator van Venezuela het nou die Russiese regering as sy “strategiese vennoot” gemaak nadat die VSA sanksies teen die bankrot land ingestel het.

Die president het ’n toer onderneem na Turkye en Rusland in ’n poging om hulp te kry terwyl sy land se inwoners na die buurlande vlug in ’n poging om voedsel en ander lewensmiddele te bekom.

President Nicolas Maduro het glo sy hoop op Turkye gevestig, maar is nou ook na Rusland om met president Vladimir Poetin samesprekings te voer.

Maduro het op navraag gesê hy bring besoek aan Rusland as deel van sy program om ’n beter verhouding met die wêreld te begin vir Venezuela.