Twaalf SR lede geskors

Die Universiteit van Zoeloeland het 12 van die 15 Studenteraad se lede geskors weens diefstal by ‘n Drakensberg oord.

Ketels, linnegoed, haardroërs, koppies en pierings is deur die studente gesteel tydens ‘n strategiese werkswinkel by die Gooderson Drakensberg Golf en Spa oord.

Die studente se gedrag tydens die besoek was volgens berigte uiters swak en ’n verleentheid vir die oord.

Waarnemers spreek hulle kommer uit dat dit die toekomstige leiers van die land gaan word op politieke gebied.

Geen melding word gemaak van watter politieke party die studente verteenwoordig nie.