Tsoenami waarskuwing vir Nieu Caledonië

Nieu Caledonië wat deel uitmaak van ’n groep eilande aan die oostekant van Australië, staar ’n tsoenami in die gesig na ’n reuse aardbewing die eiland getref het.

Die aardbewing, wat 7,6 op die Richterskaal geregistreer het, het die eiland wat in die suide van die Stille Oseaan geleë is, Woensdag getref.

Die middelpunt van die skudding was tien kilometer diep en sowat 155 kilometer weg van Nieu-Caledonië se oostelike kusgebied.

Die Stille Oseaan  se Tsoenami Waarskuwing Sentrum sê die fgevaar kan selfs ’n dag of twee later losbars en die eiland tref, en daarom moet die inwoners hulle gereedmaak vir enige gebeurlikheid.

Die eiland is sedert 1053 deel van Frankryk en het verlede maand ’n referendum gehou oor onafhanklikheid, maar die meerderheid het besluit dat hulle deel van Frankryk wil bly.