TLU SA spreek sy kommer uit oor beurtkrag

In ‘n skrywe aan die Groep Uitvoerende Hoof van Eskom spreek die president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes sy ernstige kommer uit oor die impak van beurtkrag op kommersiële landbou.

Daar is geen twyfel dat die huidige situasie die gevolg is van swak bestuur, ontoereikende beplanning, ‘n gebreklike toepassing van standaarde en selfverryking – om nie van betrokkenheid by Staatskaping te praat nie.

Die gevolge van onbeholpe bestuur en swak beplanning het nou tot gevolg dat primêre voedselproduksie op risiko is aangesien die koue ketting en ander landbou-aktiwiteite ernstig geaffekteer word. Gevolglik is Eskom ingelig dat TLU SA slegs sy weg oopsien vir boere aan te beveel dat die pro rata gedeelte van die vaste koste komponent van verbruikers se rekeninge betaal word en om ‘n regs opinie in te win met betrekking tot vergoeding vir verliese gelei tydens die beurtkrag periode.

Foto – Louis Meintjes