Spanning hoër tussen Russe en Oekraïne

Die regering van die Oekraïne het aangekondig dat hy sy grense sluit vir Russe in die ouderdom tussen jonk en middeljarig nadat die twee lande in ’n spanningsvolle stryd gewikkel is.

Die spanning wat ontstaan het toe drie skepe van die Oekraïne deur Rusland in beslag geneem is terwyl hulle in die See van Azov gevaar het, was die rede waarom die grens vir sekere Russe gesluit is.

Die regering van die Oekraïne het die naweek aangekondig dat strenger toelating van Russiese burgers van krag geword het, en dat Russe in die ouderdom 16 tot 60 jaar nie toegelaat sal word nie.

’n Regeringswoordvoerder sê slegs enkele uitsonderings sal geld waar humanitêre van toepassing mag wees.

Die maatreëls volg nadat die Oekraïne vroeër ook krygswet afgekondig het  in ’n tyd kort voor die komende algemene verkiesing in 2019.

Intussen het ’n Russiese woordvoerder gesê daar is geen rede waarom Rusland ’n soortgelyke maatreël wil instel nie.