So word blankes misbruik

Blankes was nog nooit “goed genoeg” om beheer uit te oefen waar die ANC en sy kommunistiese vennote betrokke is nie, al gaan dit hoe vrot…

Maar hierdie keer het Cyril Ramaphosa besef sy uurglas gaan leegloop as hy nie die ANC se gedrog politiek laat vaar en kundige blankes inbring om Eskom staande te hou nie.

Die verwaandheid van die president om nou van kundiges misbruik te maak wat voorheen verjaag is omdat hulle wit velle het, is ’n erkenning dat hy en sy ANC nie opgewasse is om die kragvoorsiener reg te ruk nie.

Ramaphosa het nou die Eskom Volhoubaarheid Taakspan aangewys wat advies sal gee oor wat gedoen moet word om Eskom se bankrotskap on te keer tot ’n effektiewe bedryf soos dit voorheen was toe werklike kundiges in beheer was.

Die taakspan bestaan uit Anton Eberhard, Brian Dames, Grové Steyn, Frans Baleni, Mick Davis en ’n paar anderskleuriges om waarskynlik te keer dat dit ’n apartheid span is wat die kastaiings uit die vuur moet krap.

Di span moet ondermeer die huidige situasie evalueer en voorstelle maak oor verskillende aspekte, en wat gedoen moet word om die enorme skuldlas af te kry.

Politieke ontleders wys egter daarop dat al die maatreëls niks sal help as die senior beamptes, asook die werkers van Eskom, nie begin don wat gedoen moet word nie.

Of Eskom onder die huidige bestuur, direksie en regering gaan regkom en ’n behoorlike diens begin lewer, word egter nie in en vir di volgende dekade voorsin nie.