Sewe burgemeesters afgedank

Die ANC het sewe burgemeesters in Wes-Transvaal afgedank waarvan vier betrokke was by die VBS Bank beleggings skandaal.

Madibeng, Moretele, Mahikeng en dr Ruth Momphati munisipaliteite se burgemeesters is met onmiddellike effek afgedank.

Verder is Kagiso-Molopo, Mamusa en Maquassie-Hills se burgemeesters terug geroep om dienslewering en vertroue in die ANC te herstel.

Politieke ontleders reken egter diegene wat glo dat dit die provinsie gaan red, glo verseker ook in die tandemuis.